Hallo Reader
Hoe kan ek leer makliker vir my kinders maak?
Dis ʼn vraag wat elke tuisskoolma soos jy haarself afvra.
Hierdie week gee ek vir jou vyf wenke wat jou hiermee gaan help.
Luister gerus HIER na hierdie episode.
Maar onthou dis ook beskikbaar op Apple Podcasts en Spotify.
Die oolfant potgooi het hierdie week meer as 4000 aflaaie bereik. As mens na statistiek oor potgooie kyk, is die oolfant potgooi tans in die boonste 20% van potgooie. Wêreldwyd.
Nie sleg vir ʼn potgooi in ʼn klein taal oor ʼn baie spesifieke onderwerp nie. En dis net moontlik gemaak deur jou volgehoue ondersteuning. Baie, baie dankie.
Onthou om vir jou vriende te vertel van die potgooi as hulle graag inspirasie en idees oor tuisonderwys wil hê.
Marisa
Ns. Die Als Oolfant promosie is steeds aan die gang. Koop al 6 oolfant se gesogte kursusse en kry drie gratis bonusse by as jy die als-oolfant-pakket voor 31 Augustus 2021 koop.
Die oolfant kursusse wat alles ingesluit is vir net R2999:
1. 15-Minuut-Afrikaans
2. Spel sonder sukkel
3. Sinne wat sing
4. Kom ons skryf ʼn opstel
5. Die genot van gedigte
6. 21 dae na sukses as tuisskoolma
Dis ʼn groepie taal- en skryfkursusse uit die boonste rakke hierdie, maar ook ʼn tuisskoolbegeleidingskursus wat jou as tuisskoolma help om insig te verkry waaroor tuisonderwys eintlik gaan.
Die 3 gratis bonusse ter waarde van R1700
1. Aanlyn spraakterapiekursus help jou om jou kind makliker te leer lees
2. 3 maande se gratis intekening by Luistervink Stories
3. 3 puik werkboeke van die gewilde verskaffer, Edusense
😃 “Ek is nie ʼn dag spyt is oor die geld wat ek spandeer het om my oolfant kursusse aan te koop nie. Ek is opgewonde oor die tuisskooltoekoms met my drie kinders.” – Jean-Marie Koekemoer, tuisskoolma
😃 “21 dae na sukses as tuisskoolma is die beste kursus oor tuisonderrig is wat ek nog raakgeloop het.” — Wilma Fourie, tuisskoolma
😃 “Dit is so maklik om oor te skakel na Engels toe omdat ons ervaring met oolfant se Afrikaanse skryfkursusse so positief en volledig is!” – Adri Hugo tuisskoolma
Klik op die skakel hieronder vir meer inligting:
Hallo Reader In die goeie ou dae toe ons nog met ’n karavaan gaan vakansie hou het, slaap ons een jaar by die Gariepdam oor. Een van die lekkertes van kamp is dat mens nader is aan alles – behalwe die toilette! Nader aan die natuur, nader aan ander mense. Vir ons oorslaapnag is daar toe ander groep mense met seuntjies van omtrent ons Johannes se ouderdom. Hy was toe seker so ses, sewe jaar oud. Johannes is lus om maats te maak, maar hy weet nie hoe om te begin nie. Die ander seuntjies ken...
Hallo Reader Daar is vir my twee soorte swaarkry. Die een is amper soos om 100 meter te hardloop. Dis intens en verg baie inspanning, maar dis gou verby. Soos ʼn operasie of ʼn siekte of die ma wat verlede week vir my geskryf het hoe hulle gesin vasgekeer was in die onluste in KwaZulu Natal en hoe benoud hulle was. Die ander soort swaarkry is meer soos ʼn marathon. Dit hou aan en aan. Wat beteken dat jy ʼn pas moet aanslaan wat jou gaan help om die wedren klaar te maak. In ʼn marathon moet jy ook...
Hallo Reader Die afgelope drie maande was nie ʼn maklike tydjie vir ons gesin nie. My skoonma is op 1 Mei onverwags oorlede. Ek en my man is ʼn week later inderhaas Suid-Afrika toe om die begrafnis te help reël en om haar huis, waar ons goed ook nog gestoor was, te gaan ontruim. Dit was ʼn treurende paar weke waarin ons hard gewerk het. Dit was ook ʼn naelkouende tyd met die vrees dat ons Covid gaan kry en nie weer huis toe sou kon kom nie. Gelukkig het ek en Andries 48 uur voordat ons moes vlieg...