Die onverwagse redes hoekom jou kinders MOET speel


Hallo Reader

In die goeie ou dae toe ons nog met ’n karavaan gaan vakansie hou het, slaap ons een jaar by die Gariepdam oor. Een van die lekkertes van kamp is dat mens nader is aan alles – behalwe die toilette! Nader aan die natuur, nader aan ander mense.

Vir ons oorslaapnag is daar toe ander groep mense met seuntjies van omtrent ons Johannes se ouderdom. Hy was toe seker so ses, sewe jaar oud.

Johannes is lus om maats te maak, maar hy weet nie hoe om te begin nie. Die ander seuntjies ken mekaar en speel lekker saam en hy staan hulle van ’n entjie af en dophou.

En toe tref ’n idee hom.

Woerts, kom hy die karavaan binnegehardloop, grawe in die kas onder sy slaapbank rond en hardloop uit met sy rooi plastiektassie vol karretjies.

“Ek weet wat ek moet doen,” hoor ek hom opgewonde sê toe hy terughardloop in die rigting van die ander seuns.

So entjie van hulle af, gooi hy al die karretjies op die grond uit en begin kamstig onbewus van die ander seuns met die karretjies speel.

En nie te lank nie, toe staan hulle nader en na ’n rukkie speel almal met Johannes se karretjies.

Ek het gedink dit was nogal ’n gesofistikeerde ysbreker vir sesjarige.

As tuisskoolma het ek ’n sug van verligting geslaak: my kind weet hoe om te sosialiseer!

In hierdie week se potgooiepisode praat ek nie soseer oor sosialisering nie, maar oor speel. Kom vind uit hoe en hoekom kinders speel.

Jy gaan hoor van die man wat uitgevind het rotte lag, hoe belangrik dit is dat pa’s hulle kinders so hoog in die lug gooi (al wil die ma se hart gaan staan) en die ware rede waarom ons vir ons kinders goeie sportmanskap leer.

Luister gerus HIER na hierdie episode.

Maar onthou dis ook beskikbaar op Apple Podcasts en Spotify.

Marisa

Ns. Ek is baie opgewonde oor spesiale aanbod op al oolfant se kursusse wat tans aan die gang is. Dis die beste waarde vir geld wat ek nog gebied het.

Jy kan al 6 oolfant se gesogte kursusse koop vir net R2999.

Maar daarby kry nog 3 GRATIS bonusse ter waarde van R1700 by.

Die totale waarde is dus amper R6500.

Ma’s laat weet aanmekaar vir my hoeveel helderheid en gemoedsrus die oolfant kursusse vir hulle bring. Jy kan dit ook kry.

KLIK HIER om te gaan kyk.

oolfant.com

Read more from oolfant.com

Hallo Reader Hoe kan ek leer makliker vir my kinders maak? Dis ʼn vraag wat elke tuisskoolma soos jy haarself afvra. Hierdie week gee ek vir jou vyf wenke wat jou hiermee gaan help. #1 Gebruik die vier leerstyle (visueel-ruimtelik, lees, ouditief en om deur beweging te leer) maar doen dit op ʼn meer gesofistikeerde manier #2 Verstaan wanneer jy jou kind se selfbeeld moet uitbou en wanneer jy hom of haar moet help om vaardighede in te oefen #3 Leer van die nuwe navorsing wat vir eens en vir...

Hallo Reader Daar is vir my twee soorte swaarkry. Die een is amper soos om 100 meter te hardloop. Dis intens en verg baie inspanning, maar dis gou verby. Soos ʼn operasie of ʼn siekte of die ma wat verlede week vir my geskryf het hoe hulle gesin vasgekeer was in die onluste in KwaZulu Natal en hoe benoud hulle was. Die ander soort swaarkry is meer soos ʼn marathon. Dit hou aan en aan. Wat beteken dat jy ʼn pas moet aanslaan wat jou gaan help om die wedren klaar te maak. In ʼn marathon moet jy ook...

Hallo Reader Die afgelope drie maande was nie ʼn maklike tydjie vir ons gesin nie. My skoonma is op 1 Mei onverwags oorlede. Ek en my man is ʼn week later inderhaas Suid-Afrika toe om die begrafnis te help reël en om haar huis, waar ons goed ook nog gestoor was, te gaan ontruim. Dit was ʼn treurende paar weke waarin ons hard gewerk het. Dit was ook ʼn naelkouende tyd met die vrees dat ons Covid gaan kry en nie weer huis toe sou kon kom nie. Gelukkig het ek en Andries 48 uur voordat ons moes vlieg...