Trauma, trane en treur


Hallo Reader

Die afgelope drie maande was nie ʼn maklike tydjie vir ons gesin nie.

My skoonma is op 1 Mei onverwags oorlede. Ek en my man is ʼn week later inderhaas Suid-Afrika toe om die begrafnis te help reël en om haar huis, waar ons goed ook nog gestoor was, te gaan ontruim.

Dit was ʼn treurende paar weke waarin ons hard gewerk het. Dit was ook ʼn naelkouende tyd met die vrees dat ons Covid gaan kry en nie weer huis toe sou kon kom nie. Gelukkig het ek en Andries 48 uur voordat ons moes vlieg negatief getoets en kon ons weer terugkeer na ons kinders in Amerika.

Ek is ontsettend dankbaar vir die tyd wat ek met my eie ma kon deurbring terwyl ons daar was. Ook net sowel.

Want ons was skaars terug in Amerika of ek begin berigte kry dat my ma siek is. Twee weke nadat ons terug by die huis was, is sy in die hospitaal opgeneem met Covid. ʼn Week later is sy op 23 Junie oorlede.

Binne sewe weke het my kinders twee oumas verloor.

Omdat die Covid syfers in Junie in Suid-Afrika so gestyg het, was dit nie vir ons moontlik om weer Suid-Afrika toe te gaan nie. Ek en my suster in Australië het my ma se begrafnis met die hulp van familie so van ʼn afstand gereël. Danksy ʼn video-opname kom ons ook darem daarna kyk.

Dit was hartverskeurend.

Ek is seker jy het ook sulke stories om te deel. Ek is so jammer vir almal wat treur en wat swaarkry.

Veral toe die onrus boonop uitgebreek het. Asof Covid nie genoeg is nie!

Een ma uit KwaZulu Natal het vir my geskryf en vertel sy vrees vir haar kinders se lewe, hoe hulle snags die geweerskote kan hoor, en sy wonder waar sy die volgende dag brood gaan kry.

Familielede in Pietermaritzburg het op een van ons WhatsApp groep geskryf dat hulle met hulle klere aan slaap, reg om te vlug as dit moet.

Omdat ek dink ons almal het weer moed en hoop nodig, het ek gaan kyk na van die inspirerendste onderhoude wat ek al gevoer het. Die een wat my bybly is die een met Tina van Deventer, tuisskoolma met twaalf kinders, wat uit 2018 dateer.

Haar raad en wenke oor dissipline, verskillende kinders wat elkeen uniek is en die waarde en genot van voorlees is steeds goud werd.

Maar die groot rede hoekom ek graag hierdie onderhoud in hierdie moeilike tye met jou wil deel, is die voorval wat dié gesin tydens ʼn gewapende rooftog gehad het. Tina praat daaroor hier by die sestienminuutmerk in die onderhoud. Haar vertelling hieroor gaan jou weer moed en hoop gee. En jou geloof versterk.

Luister gerus HIER na hierdie episode.

Maar onthou dis ook beskikbaar op Apple Podcasts en Spotify.

Van my stukkende hart na joune: Mag die Here ons almal ryklik troos en styf in sy arms vashou in hierdie donker dae.

Marisa

Ns. Omdat dinge so chaoties in Suid-Afrika is, het ek die oolfant promosie verleng tot aan die einde van Augustus. Ek is regtig baie opgewonde oor hierdie aanbod omdat ma’s oor en oor vir my sê hoeveel helderheid en gemoedsrus die oolfant kursusse vir hulle bring.

Hierdie besondere promosie is die beste waarde vir geld wat ek nog vir jou gebied het. Daardie drie fantasiese gratis bonusse saam met die goeie prys vir die oolfant kursusse is onweerstaanbaar.

Die besonderhede oor hierdie promosie kan jy kry deur HIER te klik.

oolfant.com

Read more from oolfant.com

Hallo Reader Hoe kan ek leer makliker vir my kinders maak? Dis ʼn vraag wat elke tuisskoolma soos jy haarself afvra. Hierdie week gee ek vir jou vyf wenke wat jou hiermee gaan help. #1 Gebruik die vier leerstyle (visueel-ruimtelik, lees, ouditief en om deur beweging te leer) maar doen dit op ʼn meer gesofistikeerde manier #2 Verstaan wanneer jy jou kind se selfbeeld moet uitbou en wanneer jy hom of haar moet help om vaardighede in te oefen #3 Leer van die nuwe navorsing wat vir eens en vir...

Hallo Reader In die goeie ou dae toe ons nog met ’n karavaan gaan vakansie hou het, slaap ons een jaar by die Gariepdam oor. Een van die lekkertes van kamp is dat mens nader is aan alles – behalwe die toilette! Nader aan die natuur, nader aan ander mense. Vir ons oorslaapnag is daar toe ander groep mense met seuntjies van omtrent ons Johannes se ouderdom. Hy was toe seker so ses, sewe jaar oud. Johannes is lus om maats te maak, maar hy weet nie hoe om te begin nie. Die ander seuntjies ken...

Hallo Reader Daar is vir my twee soorte swaarkry. Die een is amper soos om 100 meter te hardloop. Dis intens en verg baie inspanning, maar dis gou verby. Soos ʼn operasie of ʼn siekte of die ma wat verlede week vir my geskryf het hoe hulle gesin vasgekeer was in die onluste in KwaZulu Natal en hoe benoud hulle was. Die ander soort swaarkry is meer soos ʼn marathon. Dit hou aan en aan. Wat beteken dat jy ʼn pas moet aanslaan wat jou gaan help om die wedren klaar te maak. In ʼn marathon moet jy ook...