Het jy 'n spesiale kind? Dan is ontwerperonderwys jou beste opsie


Hallo Reader

Daar is vir my twee soorte swaarkry. Die een is amper soos om 100 meter te hardloop. Dis intens en verg baie inspanning, maar dis gou verby. Soos ʼn operasie of ʼn siekte of die ma wat verlede week vir my geskryf het hoe hulle gesin vasgekeer was in die onluste in KwaZulu Natal en hoe benoud hulle was.

Die ander soort swaarkry is meer soos ʼn marathon. Dit hou aan en aan. Wat beteken dat jy ʼn pas moet aanslaan wat jou gaan help om die wedren klaar te maak. In ʼn marathon moet jy ook seker maak dat jy nie dehidreer nie en maar die water drink wat jou span vir jou gee.

Om ʼn kind met outisme groot te maak, is om ʼn marathon te hardloop. Dit kry nooit klaar nie. Daarom dat die onderhoud wat ek hierdie week weer met jou wil deel, so waardevol is. Dis met tuisskoolma Sonja Taljaard en ek het dit in 2018 opgeneem. Dis inspirerend om te hoor hoe Sonja haar gees en haar geloof en ook haar gesin s’n bly versterk.

Sy is in baie opsigte ook ʼn tuisskoolma wat noodgedwonge baanbreker moet speel en haar eie vorm van ontwerperonderwys moet maak. Daar was nie ʼn pasgemaakte program wat sy kon gebruik om haar met haar seun, Ewan te help nie. Probeer-probeer het sy ʼn manier gekry om hom te leer. Ek hoop hierdie onderhoud gaan jou weer moed en hoop gee.

Ek is baie opgewonde dat Sonja ja gesê het vir ʼn opvolgonderhoud. Ek hou jou op hoogte sodra dit uitgereik word.

As jy na Sonja se kuns wil gaan kyk, doen dit HIER.

Luister gerus HIER na hierdie episode.

Maar onthou dis ook beskikbaar op Apple Podcasts en Spotify.

Marisa

Ns. Onthou van die heerlike oolfant promosie wat nog tot die einde van Augustus aan die gang is. Jy kry al ses oolfant se gesogte kursusse plus drie gratis bonusse: ʼn aanlyn spraakterapiekursus van Lize van der Merwe, drie maande se intekening by Luistervink Stories en heerlike werkboeke van Edusense.

Die totale waarde van die aanbod is amper R6500, maar dit gaan jou net R2999 kos. Moet dit nie misloop nie.

KLIK HIER om na die aanbod te gaan kyk.

oolfant.com

Read more from oolfant.com

Hallo Reader Hoe kan ek leer makliker vir my kinders maak? Dis ʼn vraag wat elke tuisskoolma soos jy haarself afvra. Hierdie week gee ek vir jou vyf wenke wat jou hiermee gaan help. #1 Gebruik die vier leerstyle (visueel-ruimtelik, lees, ouditief en om deur beweging te leer) maar doen dit op ʼn meer gesofistikeerde manier #2 Verstaan wanneer jy jou kind se selfbeeld moet uitbou en wanneer jy hom of haar moet help om vaardighede in te oefen #3 Leer van die nuwe navorsing wat vir eens en vir...

Hallo Reader In die goeie ou dae toe ons nog met ’n karavaan gaan vakansie hou het, slaap ons een jaar by die Gariepdam oor. Een van die lekkertes van kamp is dat mens nader is aan alles – behalwe die toilette! Nader aan die natuur, nader aan ander mense. Vir ons oorslaapnag is daar toe ander groep mense met seuntjies van omtrent ons Johannes se ouderdom. Hy was toe seker so ses, sewe jaar oud. Johannes is lus om maats te maak, maar hy weet nie hoe om te begin nie. Die ander seuntjies ken...

Hallo Reader Die afgelope drie maande was nie ʼn maklike tydjie vir ons gesin nie. My skoonma is op 1 Mei onverwags oorlede. Ek en my man is ʼn week later inderhaas Suid-Afrika toe om die begrafnis te help reël en om haar huis, waar ons goed ook nog gestoor was, te gaan ontruim. Dit was ʼn treurende paar weke waarin ons hard gewerk het. Dit was ook ʼn naelkouende tyd met die vrees dat ons Covid gaan kry en nie weer huis toe sou kon kom nie. Gelukkig het ek en Andries 48 uur voordat ons moes vlieg...