Die belangrikste ding wat jy ooit vir jou kind kan sê


Hallo Reader

ʼn Jong Afrikaanse vriendin wat ek hier in Amerika het, het nou die dag die oulikste ding denkbaar met haar sesjarige seuntjie gedoen. Ek wil dit graag met jou deel, want ek dink wat sy gedoen het, was briljant en kan enige ma help.

Sy het twee woelige seuntjies. Sulke blondekoppies wat nooit vir ʼn oomblik stilsit nie. Die ouer boetie is nou ses en hy teken verskriklik goed. Die jonger enetjie is vier en hy is net so lief vir teken soos ouboet, maar sy vaardigheid is nog nie daar nie.

Op ʼn braai met ʼn paar Suid-Afrikaanse vriende sit die ouer outjie en teken. Jonger boet hardloop rond met sy vetkryt en soek na ʼn plek waar hy ook kan teken. Al wat hy in die hande kry is ouboet se spesiale tekenboek en entoesiasties begin hy daarin krap.

Ouboet ontplof en is op die punt om vir Kleinboet aan te rand oor die skade wat hy aangerig het, toe sy Ma hom aan die skouers vat, reg in die oë kyk en die belangrikste sinnetjie sê wat ons vir ons kinders kan sê.

Jy gaan die potgooi moet luister om uit te vind wat daardie sinnetjie was, maar hier is vir jou ʼn leidraad: in hierdie week episode praat ek oor vyf maniere waarop ons ons kinders met hulle emosies kan help.

Luister gerus HIER na hierdie episode.

Maar onthou dis ook beskikbaar op Apple Podcasts en Spotify.

In my skryfkursus Sinne wat sing verwys ek ook na die vier groot kategorieë waarin ons emosies kan verdeel:

• Mad

• Bad

• Sad

• Glad

Een van die groot voordele van stories is juis dat dit ons help om ander mense en onsself beter te kan verstaan.

Dis wat Christelle Nel oor die kursus te sê het:

“Ons het vreeslik baie pret met jou kursusse.

“Die hele jaar wat ons al die Sinne wat Sing doen, sien ek hoe my seun eers gesukkel het, en ewe skielik lyk dit vir my of hy snap wat hy moet doen. Ek help ook eers, maar hy moet dan sy eie woorde soek en mag nie myne gebruik nie.

“Dit begin nou vir hom maklik raak en ek sien die liggie het aangegaan. My hart pomp sommer tjoklits daaroor.

“Baie dankie dat jy hierdie kursusse gemaak het.”

Sinne wat sing behandel 33 skryftegnieke met jou kinders aan die hand van oulike stories wat die kinders moet verbeter.

Klik HIER om na Sinne wat sing te gaan kyk:

https://tuisskool-in-afrikaans.teachable.com/p/sinne-wat-sing/

Marisa

oolfant.com

Read more from oolfant.com

Hallo Reader Hoe kan ek leer makliker vir my kinders maak? Dis ʼn vraag wat elke tuisskoolma soos jy haarself afvra. Hierdie week gee ek vir jou vyf wenke wat jou hiermee gaan help. #1 Gebruik die vier leerstyle (visueel-ruimtelik, lees, ouditief en om deur beweging te leer) maar doen dit op ʼn meer gesofistikeerde manier #2 Verstaan wanneer jy jou kind se selfbeeld moet uitbou en wanneer jy hom of haar moet help om vaardighede in te oefen #3 Leer van die nuwe navorsing wat vir eens en vir...

Hallo Reader In die goeie ou dae toe ons nog met ’n karavaan gaan vakansie hou het, slaap ons een jaar by die Gariepdam oor. Een van die lekkertes van kamp is dat mens nader is aan alles – behalwe die toilette! Nader aan die natuur, nader aan ander mense. Vir ons oorslaapnag is daar toe ander groep mense met seuntjies van omtrent ons Johannes se ouderdom. Hy was toe seker so ses, sewe jaar oud. Johannes is lus om maats te maak, maar hy weet nie hoe om te begin nie. Die ander seuntjies ken...

Hallo Reader Daar is vir my twee soorte swaarkry. Die een is amper soos om 100 meter te hardloop. Dis intens en verg baie inspanning, maar dis gou verby. Soos ʼn operasie of ʼn siekte of die ma wat verlede week vir my geskryf het hoe hulle gesin vasgekeer was in die onluste in KwaZulu Natal en hoe benoud hulle was. Die ander soort swaarkry is meer soos ʼn marathon. Dit hou aan en aan. Wat beteken dat jy ʼn pas moet aanslaan wat jou gaan help om die wedren klaar te maak. In ʼn marathon moet jy ook...