Hallo Reader
Hierdie week wil ek praat oor die een ding wat ek sien die meeste tuisskoolma’s pootjie om suksesvol met tuisonderrig te wees.
Dis nie ʼn gebrek aan kennis of vaardigheid nie.
Ook nie aan inligting nie.
Ook nie aan dissipline of wilskrag nie.
Dis eintlik iets waarmee alle mense sukkel. Die uwe inkluis.
Maar laat ek vir jou sê as jy hierdie een ding bemeester gaan tuisonderwys spesifiek en die lewe oor die algemeen vir jou baie, baie makliker raak.
Is jy reg? Dit gaan jou oneindig baie help as jy kan leer om meer geduldig te wees.
• Hoe leer jy jouself om meer geduldig te wees?
Dis die vraag wat ek hierdie week in die potgooi vir jou beantwoord.
• En hoekom sal ons al die moeite doen om geduldig te wees?
• Is geduldig ooit die beste manier om seker te maak mens vorder vinniger?
Ja, ook daardie vrae beantwoord ek vir jou.
Luister gerus HIER na hierdie week se episode.
Onthou die oolfant potgooi is ook op Apple Podcasts te kry.
En op Spotify.
My een kursus wat opgestel is met hierdie beginsels van geduldig wees in gedagte is my 30-weke-taalkursus 15-Minuut-Afrikaans.
Elke weeksdag werk die kinders met ʼn enkele storiesin op ʼn slag.
Hulle leer woordsoorte daarin identifiseer, hulle gebruik die sinnetjie vir afskryf en woordeskat en spelling.
Dis min werk, maar die feit dat mens dit elke dag doen lewer uiteindelik wonderlike resultate.
Dit sluit mooi aan by my eie leuse wat ek so graag vir jou herhaal: bietjie werk + elke dag = reuseresultate.
Ilse van Jaarsveld skryf só oor 15-Minuut-Afrikaans: “My seun (11) se redenasievermoë het verbeter en selfs sy probleemoplossingsvaardigheid. Hy het eers moedeloos geword met woordsoorte soek, maar soos hy gevorder het, het dit pret geword en dit was amper soos wegkruipertjie speel.”
En hier is Anelle Burger se terugvoering: “Ek was aan die begin huiwerig, want vir Engels gebruik ons 'n program wat baie sterk op grammar fokus. Maar ek staan nou verstom. My kind se begrip, spel en identifiseer van woordsoorte het merkbaar verbeter.
“Die kort lesse pas hom ook. Dit het vir my na te min gevoel, maar ek is verkeerd bewys.
“Ons is nou net oor halfpad en ek is sommer al hartseer dat die program nie langer is nie.”
Ek hoop hierdie potgooi-episode help jou sommer baie om meer geduld aan die dag te lê. Nes ek hoop ʼn kursus soos 15-Minuut-Afrikaans gee vir jou genoeg steierwerk om Afrikaanse taalleer moeiteloos en met vreugde aan te pak.
Klik hier as jy na 15-Minuut-Afrikaans wil gaan kyk.
Marisa
Hallo Reader Hoe kan ek leer makliker vir my kinders maak? Dis ʼn vraag wat elke tuisskoolma soos jy haarself afvra. Hierdie week gee ek vir jou vyf wenke wat jou hiermee gaan help. #1 Gebruik die vier leerstyle (visueel-ruimtelik, lees, ouditief en om deur beweging te leer) maar doen dit op ʼn meer gesofistikeerde manier #2 Verstaan wanneer jy jou kind se selfbeeld moet uitbou en wanneer jy hom of haar moet help om vaardighede in te oefen #3 Leer van die nuwe navorsing wat vir eens en vir...
Hallo Reader In die goeie ou dae toe ons nog met ’n karavaan gaan vakansie hou het, slaap ons een jaar by die Gariepdam oor. Een van die lekkertes van kamp is dat mens nader is aan alles – behalwe die toilette! Nader aan die natuur, nader aan ander mense. Vir ons oorslaapnag is daar toe ander groep mense met seuntjies van omtrent ons Johannes se ouderdom. Hy was toe seker so ses, sewe jaar oud. Johannes is lus om maats te maak, maar hy weet nie hoe om te begin nie. Die ander seuntjies ken...
Hallo Reader Daar is vir my twee soorte swaarkry. Die een is amper soos om 100 meter te hardloop. Dis intens en verg baie inspanning, maar dis gou verby. Soos ʼn operasie of ʼn siekte of die ma wat verlede week vir my geskryf het hoe hulle gesin vasgekeer was in die onluste in KwaZulu Natal en hoe benoud hulle was. Die ander soort swaarkry is meer soos ʼn marathon. Dit hou aan en aan. Wat beteken dat jy ʼn pas moet aanslaan wat jou gaan help om die wedren klaar te maak. In ʼn marathon moet jy ook...