Hallo Reader
Ek het heerlike gesprek met Annerine Wenhold oor matriekopsies vir tuisskolers gehad. Die Wenholds het die Amerikaanse hoërskooldiploma gekies vir hulle matriekseun en Annerine praat oor haar ervaring daarmee.
Luister gerus HIER na hierdie episode.
Maar onthou dis ook beskikbaar op Apple Podcasts en Spotify.
Annerine vertel in die onderhoud van ʼn gesin wie se dogter tans Ingenieurswese by Tukkies studeer. Die meisie het verlede jaar sonder enige drama die papierwerk kon afhandel om toelating tot die universiteit te kry, nadat sy ʼn Amerikaanse hoërskooldiploma verwerf het. Op universiteit gaan dit tans ook baie goed met haar.
1. Haar transkripsie vanaf graad 9 af (dis ʼn volledige rapport van al die vakke wat sy gedoen het en die punte wat sy vir hulle gekry het)
2. Haar amptelike Amerikaanse diplomasertifikaat
3. Die uitslag van haar SAT (dis ʼn gestandaardiseerde eksamen oor Wiskunde en Engelse taalvaardigheid wat so ses keer per jaar by verskeie toetssentrums afgelê kan word. Die SA matrikulasieraad verwag ʼn sekere minimum prestasie hierin.)
ʼn Kandidaat wat hierdie drie dokumente het, het nie nodig om boonop te kan bewys dat hy of sy toelating tot ʼn Amerikaanse universiteit verkry het nie. Bewys van toelating tot ʼn Amerikaanse universiteit is wel ʼn alternatiewe roete wat mens kan volg en sommige kinders wat ook die GED volg, verkies om so toelating te kry.
Nog verblydende insig wat met hierdie onderhoud vorendag kom, is hoeveel vryheid die Amerikaanse hoërskooldiploma bied. Dit is byvoorbeeld heeltemal moontlik is dat die ma self enduit haar kinders se werk evalueer en verslae opstel. Dit staan haar natuurlik ook vry om iemand te kry om haar kind se werk na te sien in vakke waar sy onseker voel.
Vir dié rede het Afrikaanse ouers ook die opsie om Afrikaans hulle voertaal vir matriek te maak. Die Amerikaanse sambreelorganisasie waarby mens inskakel, het vereistes hoe jy jou evaluasie indien en mens sal wel van die verslae moet vertaal.
Omdat jou kind goed genoeg in die SAT moet vaar, sal mens uiteraard seker maak jou kind se Engels is goed genoeg.
Annerine lag en sê mense sê dikwels vir haar die Amerikaanse hoërskooldiploma as ʼn roete is te goed om waar te wees. Hulle is so verlig om hiervan te hoor.
Oorweeg jy hierdie matriek? Onthou, jy moet teen graad 9 daarmee begin. Dit is ook moontlik om krediet te kry vir vakke wat reeds by Cambridge voltooi is.
As jy graag meer inligting oor hierdie matriek wil hê, kontak gerus vir Annerine. Sy bied ʼn konsultasiediens aan tuisskolers om hulle met hierdie keuse te help.
Stuur gerus vir Annerine 'n e-pos by: @Kairos AcademySA
Marisa
Ns. Marknavorsing wys min potgooie oorleef tot by episode 20. Die meeste sterf ʼn stille dood hier teen episode 3. Daarom is ek verskriklik dankbaar dat ek hierdie week episode 22 van die oolfant potgooi kon vrystel. En die aantal aflaaie is mooi aan die groei – oor die 3000.
Dit sou nie moontlik gewees het sonder jou ondersteuning nie. Baie, baie dankie. As jy dink van jou vriende kan baat by die oolfant potgooi, onthou om hulle te vertel daarvan. -M
Hallo Reader Hoe kan ek leer makliker vir my kinders maak? Dis ʼn vraag wat elke tuisskoolma soos jy haarself afvra. Hierdie week gee ek vir jou vyf wenke wat jou hiermee gaan help. #1 Gebruik die vier leerstyle (visueel-ruimtelik, lees, ouditief en om deur beweging te leer) maar doen dit op ʼn meer gesofistikeerde manier #2 Verstaan wanneer jy jou kind se selfbeeld moet uitbou en wanneer jy hom of haar moet help om vaardighede in te oefen #3 Leer van die nuwe navorsing wat vir eens en vir...
Hallo Reader In die goeie ou dae toe ons nog met ’n karavaan gaan vakansie hou het, slaap ons een jaar by die Gariepdam oor. Een van die lekkertes van kamp is dat mens nader is aan alles – behalwe die toilette! Nader aan die natuur, nader aan ander mense. Vir ons oorslaapnag is daar toe ander groep mense met seuntjies van omtrent ons Johannes se ouderdom. Hy was toe seker so ses, sewe jaar oud. Johannes is lus om maats te maak, maar hy weet nie hoe om te begin nie. Die ander seuntjies ken...
Hallo Reader Daar is vir my twee soorte swaarkry. Die een is amper soos om 100 meter te hardloop. Dis intens en verg baie inspanning, maar dis gou verby. Soos ʼn operasie of ʼn siekte of die ma wat verlede week vir my geskryf het hoe hulle gesin vasgekeer was in die onluste in KwaZulu Natal en hoe benoud hulle was. Die ander soort swaarkry is meer soos ʼn marathon. Dit hou aan en aan. Wat beteken dat jy ʼn pas moet aanslaan wat jou gaan help om die wedren klaar te maak. In ʼn marathon moet jy ook...