Hallo Reader
Ek wil hierdie week die bangmaak-vraag wat alle tuisskolers een of ander tyd hulleself afvra, help beantwoord. Veral die van ons wat in die laerskooltyd ons eie ding doen.
En daardie vraag klink gewoonlik so: hoe weet ek my kind is op standaard?
Maar wat die ouer eintlik vra, is: hoe kan ek seker maak my kind leer die regte dinge op die regte tyd en kry die werk regtig onder die knie?
In hierdie week se potgooi help ek jou met al hierdie bekommernisse. Ek skop af deur te kyk na die manier waarop skole tradisioneel die vraag oor standaard beantwoord. Dis deur toetse en eksamens te skryf.
Ons dink so ʼn bietjie na oor vier redes waarom skole toetse en eksamens gebruik en watter van daardie redes geldige redes vir jou as tuisskoolma is.
Maar dan in die tweede helfte van hierdie potgooi-episode gee ek vir ʼn heerlike voorstel hoe jou tuisgeskoolde kind op ʼn lekkerder en sinvoller kan evalueer.
Die gratis werkboek waaroor ek in hierdie episode praat, sal jy vind binne-in die gratis kursus Begin hier met tuisskool gratis en verniet. Dis onder die opskriffie: kopskuiwe wat jy moet maak en dan onder die afdeling: hoe weet ek my kind is op standaard? Daar is ook ʼn video oor dieselfde onderwerp daar beskikbaar.
KLIK HIER EN SKRYF HIER in Begin hier met tuisskool gratis & verniet.
Jy weet wat ek vir alle tuisskolers wil moontlik maak – ware een van sy soort ontwerperonderwys. Hierdie week se potgooi gaan jou baie daarmee help.
Luister gerus HIER na hierdie episode.
Maar onthou dis ook beskikbaar op Apple Podcasts en op Spotify.
Marisa
Ns. Baie lekker nuus. My GROOT promosie waar jy Al oolfant se kursusse vir net R2999 kan koop is tot aan die einde van Julie aan die gang.
Deel van die promosie is dat jy GRATIS bonusse van hierdie drie kurrikulumverskaffers bykry. Die totale waarde van die bonusse is R1300. Die bonusse is net geldig vir nuwe inskrywings.
1. Gratis intekening tot ʼn aanlyn kursus met spraakterapie vir ouers. Met hierdie kursus onder die blad gaan jy jou kind baie makliker leer lees. Totale waarde: R660
2. Gratis geskenkpak van Edusense met ʼn Aardrykskunde Pretboek plus ʼn Skryf ʼn bietjie werkboek vir kinders wat maklik moeg raak as hulle skryf plus ʼn tuisskoolbeplanner wat jou help om sonder moeite rekord te hou van julle skoolwerk. Totale waarde: R340
3. Drie maande se gratis intekening tot Luistervinkstories, waar Afrikaanse boeke hardop vir jou kinders voorgelees word. Meer as 120 boeke is al beskikbaar asook 18 temastudies. Totale waarde: R300
Moet dit nie misloop nie. Onthou die aanbod geld net tot 31 Julie 2021.
As jy dalk van vriende weet wat hierin sal belangstel, laat weet hulle groot asseblief.
Hallo Reader Hoe kan ek leer makliker vir my kinders maak? Dis ʼn vraag wat elke tuisskoolma soos jy haarself afvra. Hierdie week gee ek vir jou vyf wenke wat jou hiermee gaan help. #1 Gebruik die vier leerstyle (visueel-ruimtelik, lees, ouditief en om deur beweging te leer) maar doen dit op ʼn meer gesofistikeerde manier #2 Verstaan wanneer jy jou kind se selfbeeld moet uitbou en wanneer jy hom of haar moet help om vaardighede in te oefen #3 Leer van die nuwe navorsing wat vir eens en vir...
Hallo Reader In die goeie ou dae toe ons nog met ’n karavaan gaan vakansie hou het, slaap ons een jaar by die Gariepdam oor. Een van die lekkertes van kamp is dat mens nader is aan alles – behalwe die toilette! Nader aan die natuur, nader aan ander mense. Vir ons oorslaapnag is daar toe ander groep mense met seuntjies van omtrent ons Johannes se ouderdom. Hy was toe seker so ses, sewe jaar oud. Johannes is lus om maats te maak, maar hy weet nie hoe om te begin nie. Die ander seuntjies ken...
Hallo Reader Daar is vir my twee soorte swaarkry. Die een is amper soos om 100 meter te hardloop. Dis intens en verg baie inspanning, maar dis gou verby. Soos ʼn operasie of ʼn siekte of die ma wat verlede week vir my geskryf het hoe hulle gesin vasgekeer was in die onluste in KwaZulu Natal en hoe benoud hulle was. Die ander soort swaarkry is meer soos ʼn marathon. Dit hou aan en aan. Wat beteken dat jy ʼn pas moet aanslaan wat jou gaan help om die wedren klaar te maak. In ʼn marathon moet jy ook...